To visit The Gardener Magazine website, click here
 


Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

 

Geroosterde botterskorsie met spinasie, pekanneute en fetakaas

  • 2 middelslag botterskorsies
  • 50 ml olyfolie
  • 200 g vars spinasie
  • 'n Skeutjie suurlemoensap
  • Gerasperde neut
  • 200 g fetakaas met swartpeper
  • 25 g gekapte pekanneute (of dennepitte as dit beskikbaar is)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny elke botterskorsie oorlangs in die helfte deur en skep die pitte uit. Sit die botterskorsie op 'n bakplaat en prik die vleis met 'n vurk. Bestryk met olyfolie en bak ongeveer 30 minute of tot sag. Sit die spinasie in 'n groot pan met 'n bietjie water, suurlemoensap en 'n knippie gerasperde neut. Verhit tot verlep. Laat afkoel en druk die orige water uit. Meng die spinasie, fetakaas en neute saam in 'n bak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Vul die halwe botterskorsies met die spinasiemengsel en bak nog 10 minute. Sit 'n halwe skorsie in elk van vier borde en bedruip met olyfolie. Sit voor met 'n groen slaai en vuurwarm jong aartappeltjies.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  Copyright © 2012. Site designed and maintained by Bluestorm Designs