Welkom aan die Praktiese Tuinbou Gids argief. Hier sal jy al die informasie vind om jou eie tuin te begin. Geniet dit!
|
 |
|
Somerslim Hangmandjies
Volg ons maklike riglyne vir 'n somerse hangmandjie vol plante wat lekker saamleef, lieflik kontrasteer en nie terugdeins vir min water en warm son nie. |
 |
 |
|
Nog Vygies Vir Jou
Januarie is die ideale maand om meerjarige vygies van steggies te kweek. |
 |
 |
|
Kweek Jou Eie
Nou is die perfekte tyd om sagtehoutsteggies van magrietbosse, roosmaryn, laventel, asters, fuchsias en pelargoniums te maak aangesien hulle almal baie nuwe groei het om van af te knip. |
 |
 |
|
Verdeel en Beheer
Vroeglente is die ideale tyd om Dietes en ander polvormende
plante soos Carex, Liriope en Ophiopogon te verdeel. Hier word
die proses eenvoudig stap vir stap met foto's toegelig. |
 |
 |
|
Vernuftige Kompostering
Hier is ‘n interessante en goedkoop manier om afgevalde herfsblare in waardevolle kompos te omskep sonder om ‘n groot komposteerder te koop (of jou komposhoop te oorlaai). Saam met blare kan jy ook
grassnysels en ander organiese materiaal gebruik wat in klein stukkies geknip is, soos takkies en snoeisels, en oorblyfsels van uitgeblomde meerjariges en jaarplante. |
 |
 |
|
Dis Weer Snoeityd
Winter is oor die algemeen ‘n betreklike stil tyd in die tuin. Dit gee ‘n mens tydjies om na te dink oor die naderende lente, om te wonder wanneer die reën kom of dalk ophou as jy in die winterreënstreek bly. |
 |
 |
|
Saai Nou
Dis tyd om winter- en lenteblommende plante te saai asook die kruie en groente wat koeler toestande nodig het om te ontkiem. |
 |
 |
|
Oorpot en Verplant
Dit is die stilste maand vir die rose, maar nie noodwendig vir rooskwekers nie. Jy kan nou veilig rose verskuif wat op die verkeerde plek geplant is en houerplante oorpot wat nie meer goed lyk nie. |
 |
 |
|
Plant Kruie in Hangmandjies
Namate moderne tuine al kleiner word, is daar minder plek vir tradisionele kruie en groentelappies. Potte en houers, vensterbakke en hangmandjies bied eenvoudige alternatiewe in hierdie beperkte gebiede. |
 |
 |
|
Die Saai van Saad
Die herfs is die belangrikste saaiseisoen op die tuinier se kalender. As jy bewys hiervan wil hê, kyk net hoeveel plantspesies dra saad wat gedurende die herfs ryp word en versprei, dus prakties gesaai word vir die volgende geslag om te ontkiem. |
 |