To visit The Gardener Magazine website, click here
 


Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

     

 
DDS: Langs Koel Waters

Verskyn in die Februarie 2012 uitgawe van Die Tuinier.

Builders het alles wat jy nodig het om ´n dammetjie te bou as fokuspunt of kalmerende dinkplek in ´n stil hoekie in jou tuin.

Terwyl die span by nog 'n besige en opwindende jaar aanpas, het hulle besluit hulle het êrens 'n stil en rustige plekkie nodig waar hulle kosbare tyd kan deurbring om hul asem terug te kry en hul batterye te laai. Die heel beste manier om dit reg te kry is langs water!

Wat jy nodig het

  • 'n Veselglasdammetjie (1800 x 1000 x 320mm)
  • 'n dompelpomp - 300l per uur
  • 3 x groot plaveistene (500 x500 x 40mm)
  • 3,5m2 plaveistene (240 x 240 x 40mm)
  • 24 x dekklippe (240 x 240 x 40mm)
  • 3 x onderwaterplinte (450 x 450 x 300mm) of gebruik betonblokke wat met 'n waterdigte seëlmiddel geverf is
  • 2 x sakke sement
  • 30 x sakke riviersand
  • 12 x sakke gruis
  • 1 x rol landskappeerdoek
  • 4 x Syzigium paniculatum-balle

Gereedskap

  • 'n Graaf
  • Boulyn
  • Penne
  • 'n Reihout
  • 'n Waterpas
  • 'n Rubberhamer
  • 'n Metaalhark
  • 'n Maatband
  • 'n Houtvryfplank
  • 'n Koolborsel
  • 'n Messeltroffel

Stap 1: Sit die veselglasdammetjie onderstebo neer op die plek en merk die buiterand met riviersand. Skuif die dammetjie weg en grawe die plek ongeveer 370mm diep uit. Die gat moet 50mm dieper as die veselglasdammetjie wees om voorsiening te maak vir die laag sand onderin die gat terwyl die dammetjie steeds gelyk met die grond moet wees.

Stap 2: Gooi 'n laag sand onderin die gat en kompakteer dit deeglik. Maak seker die gat is waterpas voor die veselglasdammetjie op sy plek gesit word. Span die boulyn met behulp van die penne om die dammetjie om die hoogte vir die dekklippe en plaveistene reg te kry. Plaas die tou om die dammetjie en neem die 30 mm-oorhang oor die dammetjie in ag.

Stap 3: Om die omgewing om die dammetjie af te meet, plaas 'n dekklip op die rand van die dammetjie wat die dammetjie met ongeveer 30mm oorvleuel. Meet 'n meter van die dekklip af na buite en plaas 'n plaveisteen net buite hierdie gemete lengte. Kap 'n pen hier in om die plek te merk. Meet die hele omtrek so af en plaas penne al om die dammetjie. Haal al die gras binne hierdie afgepende gebied uit.

Stap 4: Sit die pomp in die dammetjie en voer die elektriese koord na die kragpunt toe. Maak seker die koord pas in die ruimtes tussen die plaveistene as die dekklippe en plaveistene gelê word.

Stap 5: Maak dagha aan met vier emmers sand op een emmer sement en voeg water by totdat die dagha so dik soos dik pap is. Begin om die plaveistene om die dammetjie te lê en gebruik die boulyn as gids. Kyk dat die vlak van elke plaveisteen korrek is en klop dit met die rubberhamer op sy plek in.

Stap 6: Gebruik dieselfde metode vir die plaveistene 'n meter weg om die dammetjie.

Stap 7: Sit die Syzigium paniculatum-balle op die vier hoeke. Vul die plantgate met baie kompos en beenmeel of superfosfaat voor die struike geplant word.

Stap 8: Plaas die landskappeer-doek in die ruimtes tussen die plaveistene, sny dit nommerpas en vul die plek op met gruis.

Stap 9: Plaas die plinte in die dammetjie en maak seker hulle is waterpas en ewe ver van mekaar en van die kante van die dammetjie af. Messel die drie groot plaveistene op die plinte vas. Laat die dagha eers goed droog word voor water in die dammetjie getap en die pomp aangeskakel word.

Builders Warehouse is the leader in home improvement. You will find everything you might need for home improvement, under one roof, plus each store has a dedicated builder’s counter and quotations department.

Builders Express is the family garden and DIY centre, and caters for all gardening and DIY enthusiasts.

Builders Trade Depot stocks a full range of building materials supplying contractors across a broad spectrum of the building industry.

For more information on the products supplied by Builders, and great advice on almost any garden DIY project, go to www.builders.co.za or phone the customer care line: 0860 BUILDERS/284533.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 
  Copyright © 2012. Site designed and maintained by Bluestorm Designs