| DDS: Organiese Kuns
Verskyn in die Februarie 2012 uitgawe van Die Tuinier.
Volg hierdie eenvoudige riglyne om 'n blaarvormige voëlbad vir jou geveerde vriende te maak om op warm somerdae in af te koel.
Benodigdhede
- PPC-sement
- Riviersand
- Blare – groot blare soos hierdie Colocasia (Olifantsoor) is ideaal. Gebruik Gunnera vir groter vorms
- 'n Stuk ou houtbord of afvalhout om op te werk
Maak só
Stap 1: Maak 'n hoop sand mooi rond op die houtbord. Plaas jou blaar op hierdie hoop met die agterkant van die blaar wat boontoe wys.
Stap 2: Meng drie dele fyn riviersand met een deel sement en water om 'n stywe egalige mengsel te vorm wat as dagha bekend staan.
Stap 3: Smeer dagha glad op die blaar aan totdat jy 'n laag van minstens 3cm dik het. Die sementlaag moet nie tot reg op die blaarrand loop nie – laat 'n strook van 10mm om die hele blaar.
Stap 4: Laat die sement drie tot vier dae lank droog word.
NB: Bedek die projek met swart plastiek sodat dit doeltreffend kan droog word. Verwyder die blaar na drie tot vier dae.
OPMERKING: Dit is raadsaam om die dagha/beton te versterk. As jy 'n hoër waterfokuspunt wil hê, sit wapeningdraad in die dagha/beton sodat jy die voëlbad aan 'n paal kan vasmaak.
|